Alles en wat nog...
Kom gesels en lag lekker saam...
Bly en lekker om jou hier te verwelkom by my versameling van unike Afrikaanse grappies en dinge wat ons kwytraak
Waar jy wat sal kry op hierdie blad
- Burglar Bars...
- Hoekom 'n boks 'n boks is..
- R100 ......???
- 1989 vs 2009
- Nataniel se gym dagboek!
- Vroumens-bestuurders.....................
- Klein Sipho Mohammed Zwane...
- VRYSTAATSE BOER
- "AFRIKAANS IS BETER"
- Graad 5 Afrikaanse Eksamen
- 'n Klein dogtertjie bid een aand...
- Sarkasme Sarkasme Sarkasme
- Epol Dieet...
- Aansoek vir toestemming om my dogter te mag uitvra
- Arm, Armder, Moer-Arm
- Die goeie, die slegte en die lelike
- GHOUT!!! s-k-r-e-e-u-s-n-a-a-k-s !!!
- Getroude Lewe
- 50c & R50
- Kettingbrief van Casper de Vries.
- Die ATKV het besluit om die woordjie "P O E P" te vervang....
- Hoe om 20KG in een week te verloor!!!
- Koos werk by 'n Dokter...
- Die Boesman en die Spieel
- Die Zebra-merrie
- Goeie rede om nie by ryk mense te kuier nie
- Twee - Talig ???
- Wat is die afrikaanse term vir "ski pants"?
- Jannie stuur vir sy Ma 'n dankie briefie
- so eg Koos
- Lank lewe AFRIKAANS
- GRAPGAT - Afrikaans bly maar die beste taal ooit!!!!!!
- Die Spinnekop - deur Nataniël - brilliant!
- Die Spietkop
- Dis hoe dit lyk as jy jou gat afskrik...
- Twee soentjies
- Kaapse humor - Dis goed!!!
- 'n Man wil 'n bra koop vir sy vrou...
- Ouma gaan drankwinkel toe om brandy vi rhaar vrugtekoek te koop...
- Wat is die verskil...
- 'n Paar uit die klaskamer...
- Die ou boere
- Die gevolge van besluite
- Afrikaans is snaaks - in die Kerk ook
- Gatiep en Meraai
- Gelykop verdeling
- TOYOTA
- Op 7de Laan se stel:
- oeps
- Braaivleis is die beste met Afrikaans daarby
- Verras... :-)
- Hasies
- eg afrikaans...
- Alweer Jannie
- 'n Taalhandhawer en sy nors vrou hou by die vulstasie stil.
- Hallo daar, baie welkom en kom vertel ons wat jy dink, of miskien wil jy ook 'n grappie met ons deel hier in my gasteboek
- Gasteboek
- kry vir jou...
- Kom ons gesels in Afrikaans
- Soos net Afrikaners kan...
- Selfs Amazon het Afrikaanse goed
Burglar Bars...
Na hulle 'n rukkie gespeel het vra Jannie vir sy maatjie: "Jy's seker 'n local, want ek sien jou voortanne is weg."
Die maatjie sien Jannie se `braces' en vra vir hom "En djy's seker van Gauteng".
"Hoe't jy geweet?", vra Jannie. "Want ek sien djy het burglar bars op djou tanne!"
Hoekom 'n boks 'n boks is..
Op 'n Maandagoggend het die hele skool soos gewoonlik in die saal vergader.
Die skoolhoof het soos gewoonlik sy storie vertel, die eerste rugbyspan geprys, die skoolkommittee hartlik bedank, die kinders met stories bang gemaak - nie dat ek dink kinders skrik meer vir enigiets minder as die doodstraf wat hulle weet hulle nie opgele kan word nie.
Hy betuig verder sy dankbaarheid teenoor die kinders wat hulle siviele eise teen die skool teruggetrek het en vir die wat nie meer in die klaskamers rook nie.
Op die verhoog staan daar twee kartondose.
In hierdie kartondose is daar Bybels wat deur die Gideon Organisasie (dis die ouens wat Bybels in hotelle ens. plaas) aan die skool geskenk is.
Die idee is om vir alle kinders wat nie bybels het nie, 'n bybeltjie te gee.
Omdat hierdie nogal 'n noemenswaardige gebaar is, het twee van die Gideon mense na die skool gekom om die Bybels te oorhandig.
Die twee sit so half eenkant - weg van die onderwysers af.
Toe die hoof klaar is met sy aankondigings, kyk hy so op na die kinders, en sonder om 'n beat te mis, swaai hy sy hand so na die twee Gideon mense se kant toe en se:
"Julle wonder seker wat hierdie twee dose op die verhoog maak?"
Nodeloos om te se die volgende oomblik het chaos uitgebars en die onderwysers rapporteer dat dit onmoontlik was om enigiets die moeite werd vir twee dae in die kinders se koppe te kry, aangesien hulle telkens uitgebars het van die lag.
Die arme twee Gideons het nie 'n woord kon inkry nie en die twee dose met Bybels in is onuitgedeel na die hoof se kantoor verskuif.
N.S. Dis hoekom 'n "box" 'n boks is en nie 'n doos nie!
R100 ......???
Die hotelbaas vat die R100 noot en haas hom na die slagter om sy skuld te gaan betaal. Die slagter neem die noot en gaan betaal sy skuld by die varkboer. Die boer haas hom om met dieselfde noot sy skuld by sy verskaffer te vereffen. Dié hardloop gou en maak sy rekening skoon by die dorp se prostituut, wat in die moeilike tye selfs haar dienste op krediet aanbied. Die vrou van die nag haas haar om haar rekening by die hotelbaas te betaal, waar sy gewoonlik 'n kamer huur om haar werk te doen.
Die hotelbaas vat die R100 en plaas dit terug op die toonbank. Net toe kom die ryk toeris terug, neem die noot omdat hy nie met een van die kamers tevrede is nie, en verlaat die dorp.
Niemand het enigiets verdien nie, maar die hele dorp is nou sonder skuld
1989 vs 2009
1989
'n Groot groep seuns vorm rondom die twee, hulle slaan die kak uit mekaar uit, skud hande en die volgende dag is hulle dik pels.
2009
Polisie word ontbied en arresteer vir Jan en Piet. Alle selfone met videos van die fight word gekonfiskeer as bewysstukke. Albei word aangekla vir aanranding. Altwee word geskors al het Piet alles begin. Die ouers word ingeroep vir konsultasie en die ander kinders wat die fight gesien het kry trauma berading. Die video van die fight is beskikbaar op YouTube.
Scenario: Piet ontstig die klas want hy wil nie stilsit en stilbly nie
1989
Piet se gat word vuurwarm geslaan. Hy sit nog steeds nie stil nie want sy gat brand te veel, maar hy hou darem sy bek en maak matriek klaar en word 'n suksesvolle besigheidsman.
2009
Piet word op Ritalin gesit want hy het een of ander hiperaktiewe neiging. Word 'n zombie. Word getoets vir ADD (Attention Deficit Disorder). Die juffrou sukkel haar gat af. Piet kan nie bybly nie en verlaat skool na Standerd 6.
Scenario: Jan gooi 'n klip en breek 'n ruit van die buurman se huis.
1989
Jan se gat brand. Hy moet vir 'n week lank in die buurman se tuin werk.
2009
Jan se gat brand. Sy pa word gearresteer vir kindermishandeling. Jan word in pleegsorg geplaas.
Scenario: Piet druip Engels op Hoërskool.
1989
Piet se gat brand. Hy moet Engels ekstra klasse loop. Hy slaag Engels goed in matriek en gaan Universiteit toe.
2009
Die Onderwyser kry die skuld. Piet is getraumatiseer. Sy saak word opgevat deur 'n plaaslike menseregte groep wat bepaal dat dit rassisties is om Engels 'n vereiste vak te maak. Dit raak 'n politieke storie en 'n saak word aanhangig gemaak teen die skool en die Onderwysdepartement. Engels word van die curriculum afgehaal. Piet slaag matriek goed, maar sny gras vir 'n lewe want hy kan f...ol Engels praat.
Scenario: Jan vat 'n klomp klappers, maak 'n bom daarmee en blaas 'n miershoop op.
1989
Jan se gat brand. Die miershoop is in sy moer. Duisende miere dood.
2009
Die Veiligheidspolisie en Dierebeskermingsgroepe word ingeroep en Jan word aangekla van stedelike terrorisme en dieremishandeling. Sy ouers word dopgehou. Jonger broers en susters word van die huis af weggevat. Hulle rekenaars word gekonfiskeer en Jan se pa word op 'n lys van terroriste geplaas en hy kan nie verder werk kry nie. Die familie krepeer.
Scenario: Piet val sy knie in nerwe gedurende pouse. Sy juffrou vee sy trane af, maak die knie skoon en gee hom 'n drukkie.
1989
Piet voel gou beter en tweede pouse hol hy al weer rond.
2009
Piet se Juffrou word beskuldig dat sy 'n pedofiel is en verloor haar werk. Sy kry 'n opgeskorte vonnis. Piet ondergaan terapie vir die volgende vyf jaar. Raak 'n moffie.
Nataniel se gym dagboek!
Vir die wat al vantevore gesukkel het om te begin met n oefen program!
Ek het die gym gekontak en ' n afspraak gemaak met my persoonlike afrigter, Steve. Hy het my vertel hy is 26 jaar oud, ' n spinning instructor en ' n underwear-model.
Werner was baie beindruk mt my entoesiasme om te begin oefen! Die gym het my aangemoedig om n dagboek te hou van my vordering:
MAANDAG:
My dag begin 06h00. Baie moeilik om so vroeg op te staan, was beslis die moeite werd toe ek by die gym aankom en Steve sien wag vir my. Hy is n Griekse God met blonde hare, smeulende oe, n gespierde lyf en die mooiste glimlag wat ek nog gesien het!!
Woo Hoo!!
Hy het my hartklop gemonitor na 5 minute op die treadmill. Was bekommerd oor my vinnige hartklop, ek het hom gerus gestel en verduidelik die rede daarvoor was omdat hy langs my gestaan het in sy stywe oefen klere. Hy het my aangemoedig teryl ek sit-ups gedoen het, al was my pens al klaar so seer van die heeltyd inhou terwyl Steve naby my was. Was baie inspirerend om hom te sien buk om strek oefeninge te doen!!
Gaan n FANTASTIESE week wees, kan nie wag vir more nie!!
DINSDAG:
Ek moes hele pot koffie gedrink het, maar het wel uiteindelik die huis verlaat. Steve het my maak op my rug le en n yster paal in die lug hou bo my gesig. en toe sit hy gewigte ook op die paal!! My bene was baie bewerig op die treadmill, ek het amper n hele 5 minute gedoen. Steve se mooi glimlag het dit die moeite werd gemaak! Ek voel WONDERLIK!! Dit is n nuwe lewe vir my!
WOENSDAG:
Die enigste manier om my tande te borsel, was om die tandeborsel op die wasbak te sit en my mond heen en weer te beweeg daaroor. Ek dink altwee my tietspiere is geskeur!! Om te bestuur was oraait, solank ek nie hoef te gedraai het of briek te trap nie. Ek het bo-op iemand se motor fiets gestop by die gym. Steve was baie kortaf met my, het aangedring dat my gegillery pla die ander mense in die gym. Sy stem is gans en al te 'perky' so vroeg in die more. Hy irriteer my!
My bors brand as ek op die treadmill klim, so Steve het my laat oefen op die "stair monster" Vir wat de fok sal iemand ' n masjien maak wat jou laat dink jy klim trappe? Niemand klim meer trappe nie, dis hoekom ons hysbakke het. Steve reken dit sal my help om n sexy lyf te kry en hy het ook ' n klomp ander kak gesê.
DONDERDAG:
Steve het vir my gewag met sy Doberman-tande wat by sy dun lippies uitgesteek het.. Ek kon nie help dat ek ' n halfuur laat was nie, dit is hoe lank dit my geneem het om my tekkies vas te maak. Steve het my laat oefen met dumbells. Toe hy nie gekyk het nie, het ek gaan wegkruip in die mans toilet.
Vir my straf het hy my op die 'rowing' masjien gesit.ek het gesink!!
VRYDAG:
Ek haat daai fokken Steve so baie. Dink nie een mens het al ooit n ander mens so baie gehaat in die hele geskiedenis van die wereld nie. Onnosele, maergat, anoreksiese ottergevreet!. As daar n deel van my lyf was wat nie onophoudelik gepyn het nie, sou ek hom daarmee gemoer het. Steve wou gehad het ek moes werk aan my triceps. Ek het nie fokken triceps nie!
En as hy nie gate in die vloer wou gehad het nie, dan moes hy nie vir my die donnerse barbells gegee het nie. Of enige iets wat swaerder as n toebroodjie is nie!
Die treadmill het my afgegooi en ek het op my gesig geval.
SATERDAG:
Steve het n boodskap op my selfoon gelos in sy rasperige stem wat my oordromme laat bloei het. Wou weet hoekom ek nie kom oefen het nie. Toe ek hom hoor wou ek my selfoon stukkend gooi, maar ek het niks krag gehad nie. Alles ht gepyn! Al wat ek kon doen was om my pinkie te gebruik om die tv remote te druk. Het heeldag soapies gekyk.
SONDAG:
Die kerk se bussie gaan my kom oplaai vir die diens. Gaan om dankie te se dat die week verby is en om te bid dat, Werner (die fokker) vir my ' n beter geskenk sal gee volgende jaar!!
Vroumens-bestuurders.....................
Skitterend !
Vanoggend terwyl ek (minding my own business-as men normally do) op die
snelweg ry, kyk ek oor my skouer en sien 'n vrou hier langs my ... in 'n
splinternuwe Polo, met haar gesig tot teenaan die tru-spieëltjie gedruk,
besig om maskara aan te sit.
Kan jy dit glo?
Ek het net vir 'n paar sekondes weggekyk, maar toe ek my weer kon kry, is sy
halfpad oor in my baan, nog steeds besig met haar blerrie maskara.
Nou kyk, as 'n man skrik ek normaalweg nie maklik nie. Maar die vroumens het
my so die horries gegee dat ek my elektriese skeermes uit my hand laat val
het, wat op sy beurt die "Steak & Kidney pie" uit my ander hand laat glip
het en 'n gemors op die "gearlever" laat los het.
In die hele deurmekaarspul - terwyl ek die kar probeer stuur met my knieë
-glip die selfoon toe weg van my oor, drop in die vuurwarm Wimpy koffie
tussen my bene, verbrand vir grootseun en die tweeling dat ek gil van pyn en
natuurlik my sigaret voor in my hemp laat val.
Die gevolg: my selfoon in sy moer, my broek papnat, my nasaat masjien uit
aksie vir wie weet hoe lank, my beste hemp vol gate gebrand en ek het boonop
'n belangrike oorsese oproep verloor..
Blerrie vroumens-bestuurders.....................
Klein Sipho Mohammed Zwane...
Hy druk, druk die lepel in die kos, sug beswaard en vra vir sy ma, "Ma, is Ek 'n Indier soos jy of is ek swart soos pa?"
Fatima dink dis 'n saak vir haar man en sê vir Klein Sipho Mohammed dat hy Sy pa moet vra as hy by die huis kom.
So net na Egoli, kom Vuyo by die huis in sy BMW en soos 'n pyl uit 'n boog Is sy seun op sy skoot toe hy in die sitkamer voor die TV neersak.
"Pa, is ek 'n Indier soos ma of 'n swartman soos jy?"
"Wat maak dit saak hoeveel van jou Indier is en hoeveel swart, jy is ons Kind en klaar! Nou hoekom vra jy so?"
"Ek MOET weet dad, daai outjie om die hoek wil sy fiets verkoop vir R200
en Ek weet nie of ek hom moet afstry na R100 toe, en of ek moet wag tot
dit donker is en die fiets sommer gaan steel nie."
VRYSTAATSE BOER
Dinge word al rowwer, en een van die vlerke word deur weerlig getref.
Een van die vroue op die vlug haak heeltemal uit. Sy gaan staan voor in die gang en skree:
"Ek is te jonk om te sterf! Maar ek het een laaste wens as dit dan moet: Is hier enigeen op die vlug wat my vir oulaas soos 'n VROU kan laat voel?"
Stilte...
Almal kyk na haar...
Toe staan 'n Vrystaatse boer agter in die vliegtuig op en stap vorentoe. Hy is aantreklik, lank en sterk gebou. Hy stap tot by die vrou, en knoop sy hemp stadig los.
Niemand praat of roer nie. Almal staar na hom en sy gespierde bolyf.
Sy snak na haar asem...
Hy fluister: "Stryk my hemp, en bring vir my 'n koue bier."
"AFRIKAANS IS BETER"
Petrol Joggie : "How much?"
Krisjan : "Vol asseblief."
Petrol Joggie: "I only speak English Sir!"
Krisjan : "Noooo problem.... Good day to you, Sir.
I currently feel a profound desire to replenish the propellant of my motorized vehicle. Therefore, I cordially request you to transfer, from your subterranean reservoir, a sufficient quantity of combustible fluid of the highest octane rating to fill the appropriate receptacle of the said means of perambulation to the brim."
Petrol Joggie: "Hau!" ?
Krisjan : "Do you have a problem Sir? I thought you said you spoke English?"
Petrol Joggie: "English..... that? she is not English!"
Krisjan : "My dear Sir, are you veritably attempting to insinuate that you do not even recognize the language which you allege to be your singular means of communication?"
Petrol Joggie: "Hau?"
Krisjan : "Let me attempt to elucidate in the most elementary terms your paltry grasp of the English vernacular is frittering away the time at my disposal, or, as I would put it, in a more civilized, intelligible language....
Dit is fokken duidelik dat jy FOKKOL van Engels weet. So, kry jou slapgat in rat en maak hierdie bliksemse kar se tank vol voordat ek hier uitklim en jou moer, want jy mors my donnerse tyd!!!!!!!!! Verstaan jy nou?!!"
Petrol Joggie: "Ja,Meneer. Vol,Meneer! Afrikaans is beter, Meneer!"
Graad 5 Afrikaanse Eksamen
1. Waarvoor word beesvelle gebruik?om die bees binne te hou
2. Wat is outobiografie?
dis die ontstaan en geskiedenis van die motorkar
3. Noem 5 dinge wat melk bevat?
kaas, botter en 3 koeie
4. Wat is die verlede tyd van eet?
Honger
5. Wat is die verkleinwoord van Oupa?
Kleinseun
6. Wat is die teenoorgestelde van kleinneef?
kleinteef
7. Wat is die doel van die kies- en oogtande?
die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk
goed doen.
8. Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas...
hoe groter haaspastei
9. Wat is die meervoud van kabeljou?
kabeljulle
10. 'n Sin met "ter aarde bestel..."
"Wie op ter aarde bestel so 'n groot koek?"
11. Formule vir 'n sirkel se omtrek:
"paai straal kordaat"
12. Wat is teenoorstaande hoeke?
Hoeke wat vir mekaar kyk
13. Waarom is die seun in die verhaal gestraf?
Omdat hy sy eie virgin van die volkslied gesing het.
14 . Wat is 'n terminale siekte?
As jy op die lughawe siek word!
15. Vertaal in Afrikaans: "I beg your pardon?"
HuH?
16 . Wat noem ons iemand wat velle looi?
Onderwyser
17. Wat kry jy as jy jou melktande wissel?
Pepermenttande
'n Klein dogtertjie bid een aand...
Haar ma sê "maar wat van pappa & mamma? "
Sy bid : "Jesus dankie vir die kos en vir mamma & pappa amen."
Haar ma sê "maar wat van boetie & sussie?"
Sy bid : "Jesus dankie vir die kos en vir mamma & pappa, en vir boetie
en sussie amen."
Haar ma sê "en wat van jou klere? "
Sy bid: "Liewe Jesus hou net aan, my ma wil met Jou praat..... "
Sarkasme Sarkasme Sarkasme
So tydjie gelede het ek 'n stuk geskryf oor mense wat stupid vrae vra. Dit werk op my galblaas, en ek vererg myself sommer reguit in 'n sarkastiese spasm in.
Nou die allerdaagse stupid vrae:Vraag: Kan ek jou toilet gebruik?
Andwoord: Nee, gaan k@k buite in die bos.
Vraag: Kan ek 'n glas water kry?
Andwoord: Nee, gaan drink water buite uit die hond se bak, reg langs die bos waar jy gek@k het.
Vraag: Kan ek 'n sigaret steel?
Andwoord: WTF??? As jy vra is dit nie steel nie, en ek wil nou wragtig nie die ou wees wat jou hel toe stuur vir diefstal nie, so DE, vat maar een van myne.
Vraag terwyl jy bibberend buite staan: Kry jy koud?
Andwoord: Nee, ek is eintlik 'n undercover spastiese dikderm.
Vraag terwyl jy buite aan jou pypie trek: Haai... rook jy?
Andwoord: Nee ek rook nie - die sigaret is net vir effek!
Vraag as die foon lui 2uur in die oggend: Is jy wakker... of... het ek jou wakker gemaak?
Andwoord: *&^%%$$^&&** en jou ma ook, man!
Maar wag, die ultimate was ek mos nou gevra:
My HUIS telefoon lui. Vriendin aan die anderkant vra vir my.. 'Is jy by die huis?'
Andwoord: Nee, jy't die verkeerde nommer gebel. Ek het net verby geloop, ingebreek en die f*kken foon geandwoord!!
Epol Dieet...
Nou die dag gaan koop ek 'n sak EPOL hondekos by Pick 'n Payen terwyl ek so in die ry staan, vra 'n vrou agter my of ek 'n hond het.
Sommer aspris, sê ek vir haar:
Nee, ek het nie 'n hond nie - ek begin weer met die EPOL diëet.
Ek sien sy kyk my so snaaks aan, maar ek gaan aan:
"Eintlik weet ek dat ek nie weer op die diëet moet gaan nie,
want laaskeer het ek in die hospitaal beland -
wakker geword in die intensiewe eenheid
met pype wat uit elke gaaitjie in my lyf kom .
Maar ek het 22kg verloor voor en dit was die moeite werd."
Ek vertel haar dat die EPOL diëet eintlik volledig voedsaam is
met al die vitamienes en minerale wat mens nodig het.
En dis so maklik!
Al wat jy doen is om jou broeksakke vol te maak met EPOL nuggets
en jy eet een of twee wanneer jy ookal honger voel.
Teen hierdie tyd luister al wat 'n persoon is na my storie -
veral die ou wat agter die vrou staan.
Heel geskok vra die vrou my toe of ek in die hospitaal
beland het van voedselvergifting.
Ek antwoord toe:
"Nee, ek het in die straat gesit en
my privaatdele gesit en lek, toe 'n kar my raakry!"
EK DOG DIE OU AGTER HAAR KRY 'N HARTAANVAL VAN DIE LAG!
SIMPEL KOEI - VIR WIE HET SY GEDINK KOOP EK DIE HONDEKOS???????????/!!!!!!!
Aansoek vir toestemming om my dogter te mag uitvra
· 5 kg (of meer) biltong.
· 12 bottels K.W.V. Roodeberg.
· 12 bottels K.W.V. 10 jaar brandewyn.
· 1 kas Heineken
· 'n Betaalde jagsafari van 14 dae in Kenia vir 4 persone..
02: Hierdie aansoek sal as onvolledig beskou word en dienooreenkomstig afgekeur word indien enige van die volgende NIE aangeheg is nie:
· Volledige finansiële state van die afgelope drie jaar.
· Skool- en Universiteit geskiedenis (nie Technicon, Kollege of enige iets anders nie)!
· Werksgeskiedenis en rekords.
· Familiegeskiedenis van die laaste 200 jaar (Anglo-Boereoorlog hensoppers, joiners of vermyders kan net hier opgegee word).
· Afskrif van Bestuurders lisensie en Polisie rekords.
· Volledige mediese ondersoek onderteken deur 'n goedgekeurde Dokter en Psigiater.
PERSOONLIKE INLIGTING
NAAM EN VAN: ..........................................................................................................
BYNAAM: ................................................ (Enige diername by bogenoemde sal tot afkeuring lei)
GEBOORTE DATUM: ...........................................................................
LENGTE: .............................................................................................
GEWIG: ..............................................................................................
I.K..: .....................................................................................................
SKOOL GEMIDDELD: ..........................................................................
I.D. NO: ................................................................................................
BESTUURDER LISENSIE KODE: ...........................................................
VOORTREKKER RANG (TANS) EN KURSUSSE VOLTOOI: .....................................................................................................................................
...................................................................................................................................
HUISADRES EN TEL NO: ....................................................................................................................................................................................................................................
DORP OF STAD: ............................................................................................................
KODE: ..................................................................
Het jy een manlike en een vroulike ouer? ..................... Indien nee , verstrek redes: ............................................................................................................................................................
Aantal jare wat hulle getroud is: ................................ Indien korter as jou ouderdom, vestrek redes:
....................................................................................................................................
Besit jy:
· 'n Kombi? ................................
· 'n Ford Sierra? ..........................
· Enige ander kar met 'n drukvin en allooiwiele wat nie standaard is nie? ..........................
· 'n Waterbed? ............................
· 'n Bakkie met 'n matras agterin? ..........................
· Kondome? ................................
· Enige pornografie? ....................
· Dra jy 'n oorbel, neusring, naeltjiering, ens? ........................
· Het jy 'n tattoeërmerk? ..............
· Rook en suip jy? ........................
Indien enige antwoord op enige van die bogenoemde vrae JA is - moenie voortgaan met die voltooiing van die aansoekvorm nie, (vir veiligheidsredes) en verlaat onmiddellik die perseel.
In minder as 50 woorde, wat beteken "LAAT" vir jou?
........................................................................................................................................................................................................................................................................
In minder as 50 woorde, wat beteken "MOENIE AAN MY DOGTER RAAK NIE" vir jou?
........................................................................................................................................................................................................................................................................
In minder as 50 woorde, wat verstaan jy onder "GEHEELONTHOUDING"?
.......................................................................................................................................................................................................................................................................
In minder as 10 woorde, wat verstaan jy onder die volgende:
KASTREER? .....................................................................................................................................................................................................................................................
GENADEDOOD? ...........................................................................................................................................................................................................................................
In NIE MINDER as 5000 woorde verduidelik wat jy verstaan onder die woord "VRY".
(Skryf dit op jou eie papier en voeg by aansoek).
Naam en adres van die kerk wat jy bywoon: ............................................................................
Hoe gereeld woon jy kerkdienste by? ......................................................................................
Wanneer sal die beste tyd wees om die volgende persone te ondervra:
· Vader: ................................................
· Moeder: ..............................................
· Predikant: ...........................................
· Paroolbeampte: .....................................
· Vorige drie meisies: .................................
Sal jou ouers hulle vrywillig aan genetiese toetsing onderwerp of sal doofpyle gebruik moet word?
....................................................................................................................................
Enige besware teen die deursoeking van jou persoon, voertuig, hok, gat of enige ander blyplek?
...................................................................................................................................
Voltooi die volgende sinne:
Antwoorde sal as vertroulik beskou word.
Indien ek raakgeskiet word, wil ek nie in/op my ............................................. raakgeskiet word nie.
Indien ek geslaan word, wil ek baie graag NIE die volgende bene gebreek hê nie: ..........................................................................................................................................................
'n Vrou se plek is in die: ....................................................................................................
Die een ding wat ek hoop NIE gevra sal word in die onderhoud nie, is: ..............................................................................................................................................................................
Wanneer jy 'n meisie vir die eerste keer ontmoet, wat sien jy heel eerste raak? .......................................................................................................................................................................
NOTA: Indien enige liggaamsdeel genoem word wat begin met 'n "P", "T", "D" of "G", stop dadelik en verlaat die perseel.
Terwyl jy die perseel verlaat, hardloop in S'e en hou jou kop laag!
Wat wil jy word INDIEN jy moontlik groot word? .....................................................................
Wat is die huidige tariewe van 'n hotelkamer?
...........................................................................
Kondome kom in pakkies van: (omkring een):
· 3
· 6
· 9
· 12
· Al die bogenoemde
Hoe weet jy dit? ...............................................................................................................
HIERMEE BELOOF EK PLEGTIG DAT AL DIE BOGENOEMDE INLIGTING KORREK EN WAAR IS.
VERKEERDE VERSKAFDE INLIGTING MAG (SAL/KAN? - JOU KEUSE!) LEI TOT DIE
DOOD, ONTMANNING, DIE VERLOOR VAN LEDEMATE, ROOIMIER-MARTELING,
KRUISIGING, ELEKTRIESE SKOK, CHINESE WATERMARTELING EN/OF ROOIWARM
YSTERTOEDIENING.
.........................................................................................
NAAM EN HANDTEKENING
Dankie vir jou belangstelling.
Laat asseblief 4 tot 6 jaar toe vir prosessering.
Jy sal skriftelik in kennis gestel word indien jou aansoek aanvaar word.
Moet asseblief nie probeer om telefonies, elektronies, skriftelik, per posduif, vingertaal of deur middel van rooksiene in verbinding te tree nie.
(DIT KAN/SAL/MAG TOT ERNSTIGE BESERINGS LEI)
L.W: lndien jou aansoek afgekeur word, sal jy persoonlik in kennis gestel word deur twee here in swart pakke met wit dasse wat elk 'n viooltas dra.
Arm, Armder, Moer-Arm
My Ma het amper flou geval toe ek haar vra vir gom. "Waar dink hulle moet ons die geld vandaan kry?"
Maar natuurlik - Boere maak 'n plan. En Ma was nie stupid nie. Sy kon tot gom maak. Ruk daar flour uit, gooi suiker by en kook die spul op die stoof. Ek staan eenkant, baie impressed met my slim Ma.
Laat dit toe effens afkoel en sit dit in 'n ou NCR Yeast Blikkie wat so bietjie "verblyk" was.
Ek was die enigste kind met 'n Yeast Blikkie op my tafel. Al die ander kinders het die regte bottelkies Gom gehad. Ek het nie baie omgegee nie, want my gom was baie beter as hulle sin en het geplak soos Superglue nie kan plak nie!
So drie weke later, terwyl die biesies buite bewe van die hitte, sit ons klas in doodse stilte, besig met eksamen.
Fokkit mense, een moerse ontploffing ruk die hele skool tot aandag. Daar trek my donnerse blikkie se deksel en hy agterna tot teenaan die sielieng. Dis net gom wat neerkom op ons soos 'n donnerstorm! Alles is wit. En dit stink ongelooflik - suurhol se moses! Ek't nog nooit iets in my hele lewe geruik wat so gestink het nie.
Die Juffrou se brille is vol gom. Haar hare spierwit. Dit drup van haar af asof sy in 'n shower staan. Tot in haar kliewitch by haar borste. Ek kon nie glo dat sy soos 'n beeld lyk nie.
Oral waar ek kyk in die klas is almal faaktap van die gom. Almal is wit en gil van die skrik. Ons boeke is faaktap. Ons klere is faaktap. Ons stink faaktap.
Juffrou wip toe haar gat en jaag ons almal uit en sê ons kan maar huis toe gaan. Van die kinders wat bus gery het se gom het goed drooggeword van al die gewag.
Ek was woedend toe ek by die huis kom. My Ma het gedink dis 'n moerse grap en het haar dinges amper geskeur van die lag toe sy my sien EN ruik.
Die klaskamer moes uitgeverf word om van die suurholreuk ontslae te raak, maar ons kon dit nog vir weke dwarsdeur daai PVA ruik.
Ek was glad nie gewild nie. Niemand wou eers meer met my speel nie...
Dis nou wat gebeur as jy Moer-arm is!
Die goeie, die slegte en die lelike
Goed: Jou vrou is swanger.Sleg: Dis 'n drieling.
Lelik: Jy het vyf jaar gelede 'n vasektomie gehad.
Goed: Jou vrou praat nie met jou nie.
Sleg: Sy wil skei...
Lelik: Sy is 'n prokureur..
Goed: Jou jongste seun raak uiteindelik volwasse.
Sleg: Hy is betrokke by jou buurvrou.
Lelik: Jy ook.
Goed: Jy en jou vrou besluit: geen meer kinders nie.
Sleg: Jou vrou kry nie haar Pille opgespoor nie.
Lelik: Jou 13-jarige dogtertjie het hulle geleen.
Goed: Jy vertel jou 10-jarige dogtertjie van die voëltjies en die bytjies.
Sleg: Sy val jou voortdurend in die rede.
Lelik: Met korreksies.
Goed: Jou seun gaan met iemand nuut uit.
Sleg: Dis 'n ander man.
Lelik: Hy's jou beste vriend..
Goed: Jou 15-jarige dogter het 'n nuwe werk.
Sleg: As 'n gesellin.
Lelik: Jou kollegas is haar beste klante.
Baie lelik: Sy maak meer geld as jy.
GHOUT!!! s-k-r-e-e-u-s-n-a-a-k-s !!!
Jammer, dit kan vir party net bietjie te veel "vloek" woorde wees ...
Die terugtog Kaap toe kom soos 'n dief in die nag. Daar word uitgestel en weggepraat maar vader tyd het gesê dis Sondagmiddag en so sal dit wees.
Na 'n skaapvleis ontbyt word die langpad gevat met skaapboud-toebroodjies, Biltong en droëwors vir padkos.. Voetslepend en klaend word die tasse gepak en gelaai en met stroewe gesigte word die familie gegroet. Die stilte in die motor is oorverdowend wanneer ons die N1 vat terug Kaap toe.
Edenburg, Trompsburg, Colesberg, Spietkop , Hanover , Spietkop, Richmond , Kamera flits die dorpe verby. Drie Susters, amper halfpad en die Sondagmiddag trek lang skadu's oor die Groot Karoo. Ai, as ons maar al die skapies langs die pad kon saamvat vir die mense in die Kaap. Hulle weet nie wat hulle mis nie. Glo mos net aan vis en hoender. Hoender is mos die nasionale voël van die Wes-Kaap.
Na Drie Susters kom ek agter daar is fout.
Groooooot fout!!!! 'n Pyn van epidermiese proporsies skiet my regterenkel binne. Dit moet 'n beroerte wees!!! Ek sweer dis 'n hartaanval, my hart sit juis in my skoene. Kry mens miskien 'n voetaanval, bosluisvoet of slangvoet?
Die moontlikhede is legio. Die pyn neem alles oor. Die kinders wonder of pa krismis gaan haal. Liefie wil weet of ek koors het. "Bel die dokter" is al wat ek uitkry terwyl ek stotterend asem probeer kry en my lewe by my verbyflits. Ek trap die petrol dieper in met my linkervoet terwyl trane saggies oor my wange rol. Hoekom is die Kaap so vêr??
Vroulief bel die dokter wakker uit sy Sondagmiddagslapie. Dis NOOD broer. Sy vertel in kort, afgemete sinne wat haar diagnose is. Dok vra hieroor en daaroor en waar die pyn is en of daar ou rugbybeserings is in die regtervoet.
Dan 'n lang stilte. Ons albei verwag die ergste en ek ry stadiger om die skok beter te absorbeer. "Nee" sê Dok, "as dit so pyn en die pyn daar is en julle die en daai geëet het, daar geen koors is nie, die pyn nie "loop" nie, dan lyk dit na ghout."
"Wat het jy in die kar? Het jy enige iets vir kinders vir karsiek?"
Dankie tog, dink ek, ons is al by die merrikasie, ons vorder. "O, setpille" hoor ek vroulief sê. "Hy moet ten minste 100mg inkry". "Maar ek het net 15 en 20mg pilletjies" hoor ek vroutjie sê terwyl ek hard dink hoe ek die klomp pille in my gat gaan opkry. Synde Dok op "loudspeaker" is, kan ek darem self in my toestand uitwerk hoeveel keer gaan ek die prosedure moet doen.
Toe Dok aflui staan ek dadelik vas - my hol is 'n "one-way" en ek het ook 'n binneste - "Sal wag tot op Beaufort-Wes, daar behoort 'n noodapteek te wees" sê ek kortaf en handel daarmee die gesprek af ter wille van die kinders.
Op Beaufort-Wes is 'n noodapteek so skaars soos reën. Niks oop op 'n Sondagaand nie. "Druk maar deur Kaap toe" kners ek tussen my tande uit.
Ek sit nou al kaalvoet met die lugreëling vol oop op my voet. Vroulief maak die kinders en haarself onder kombersies toe maar sê eerder niks nie. Ek wil my voet vries sodat ek hom kan afbreek en in die kar se boot terug Kaap toe ry. 'n Man het sy trots en ek is geen hoender wat klein pilletjies agterstevoor om pik nie.
Op Leeu Gamka is al my manlikheid moer toe - alles is wit van die pyn.
"Vrou gee maar - dit is nou of nooit, en ek "nou" liewer as "nooit".
Vroulief fynkam haar "toolbox" en kom met die fantastiese nuus - "Hiers nog 'n 100mg setpil". Dankie tog. Elke pyn het sy eie gewig. My pyn voel baie swaarder as 100mg maar met pilletjie in die hand bestorm, of was dit nou bekruip of huppel ek na die plek van verligting by die Ultra City .
Hierdie ding moet net werk, dink ek by myself en probeer moed skep en myself opwerk en motiveer vir dit wat voorlê.
Ek worstel en sweet, maar ek weet hy MOET in, my moed gaan dit nie 'n tweede keer maak nie. Dit voel vir my of ek die "bulls eye" van 'n dartboard van die agterkant af op een been moet kry terwyl ek die ander mense in die kleedkamer met fyn en sagte kreungeluidjies vermaak. Die ding voel soos 'n pynappel.
Na dit vir my gevoel het soos ure se gesukkel is ek terug kar toe en ons vat die pad verder Kaap toe. Die kinders wil weet hoekom pa se oë so groot is en of ek vir hulle Rooikappie en Wolf gaan opvoer om die pad om te kry.
Niemand sê verder iets nie en tot vroulief bly tjoepstil, sy weet wanneer vraetyd verby is. Dit is so stil in die kar dat die kinders snoesig aan die slaap raak. Ek sit nogsteeds met my pyn en trap die petrol al hoe dieper om in die Kaap te kom. My voet pyn en my hol brand soos 'n koeëlwond. Ek voel vuil, soos iemand wat verkrag is en die gebeure in die toilette op Leeu Gamka is vir ewig in my geheue ingeprent.. Wonder of ek nie 'n sielkundige moet gaan sien as die pyn eers weg is nie?
By Laingsburg probeer vroutjie 'n geselsie. "Voel jy al beter, Skat?" "NEE, fok maar dis 'n skerp pil daai." Ek is sommer die moer in vir als wat wit jasse dra. "Wat bedoel jy met 'n skerp pil?" wil vroulief weet. "Daar is dan fokken alluminium om die pil man. Ek moes die pil omtrent pannelbeat om die meeste van die skerp kante plat te kry. As ek die ding net so in my hol gedruk het sou ek my teen die tyd al inwendig doodgebloei het" verduidelik ek.
Die volgende oomblik smaak dit vir my vroulief het as selfmoordbomplanter by Elkaida gekwalifiseer. Sy ontplof dat die kinders se lyfies so ruk en hulle met hulle handjies bokant hulle koppe gryp in hulle slaap. Ek het haar laas so hoor lag toe sy gehoor het van haar eerste swangerskap. Sy sien die moerse vraagteken op my voorkop en sy bulder dit uit: " JY MOES DIE ALLUMINIUM AFHAAL JOU POEPOL!!!!!!!!!" Met die trek sy haar selfoon nader en ek weet die kak word nou weer vir al haar vriendinne vertel. Dat die verskriklikste pyn in my voet en 'n bradpyn in my gat nou vir iemand so snaaks kan wees.
Ek moes myself verdedig. "Maar ek dog dit werk soos 'n kapsule. Mens breek mos nie 'n kapsule oop nie, netnou vergiftig jy jouself met 'n oordosis, die besigheid moet mos stadig mens se sisteem bekruip." My manlikheid en intelek is daarmee heen. Die hele wêreld gaan dit ook nou weet. Vroulief mishandel behoorlik die selfoontjie om die nuus oor die heelal te versprei terwyl sy saggies, amper geheimsinng giggel en geluidjies van plesier maak.
Ek kry simpatie met mans wat hulle vrouens moer. Dok is natuurlik die eerste om van my ongelukkie te hoor. Hy kan sommer my lyding oor die internet uitblaker en die eer kry vir die beste mediese joke van die maand. Dokters is almal etters. Geen setpil sal ooit weer dieselfde wees nie. Hoe gaan ek die wêreld weer in die oë kyk? Gaan ek ooit herste van my ure van lyding en vernedering in die toilette op Leeu Gamka? Ek raak hartseer en verlang terug na die tere liefde en simpatie van my moeder.
Volgende oggend is ek natuurlik 'n "celeb" by die werk. Almal wil net bemoedigend aan my vat of 'n ou geselsie aanknoop. Wil weet of ek nou 'n "stainless steel silencer" het. Ha ha ha - lag vir jou gat man! Ek wens julle kry die pyn wat ek in my voet gehad het in julle "silencers", dan praat ons weer.
Ek weet nou nog nie of die setpil gewerk het nie. Ek sal moet wag tot al die aluminium "corode" het.
Getroude Lewe
Hulle besluit om hulle liefdeslewens bietjie op te kikker en die manne in hulle lewens te verras met 'n stoutigheidjie.
'n Week later kom hulle weer bymekaar.
Die enkel meisie sê, "Ek het na my vriend se kantoor gegaan met 'n lang jas aan. Na almal weg is het ek die jas laat Val en al wat ek aangehad het was 'n leer korset met swart sykouse en hoëhak skoene. Ons het net daar op sy lessenaar liefde gemaak."
Die verloofde vrou sê, "Toe my verloofde by die huis aankom, het ek vir hom gewag met 'n swart masker, korset, sykouse en hoëhakke. Ons het die hele nag passievolle liefde gemaak, en nou wil hy vroeër trou."
Die getroude vrou sit haar glas neer en sê, "Ek het baie beplanning gedoen. Die kinders is na my ma toe, ek het 'n lang bad geneem met gegeurde olie en my beste parfuum aangespuit. Ek het in 'n stywe leer korset geklim met swart sykouse en ses duim hoëhakke, alles afgerond met 'n swart masker. My man het by die huis gekom, 'n bier en die afstandbeheer gegryp, homself op die bank neergeplak en uitgeroep...
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
Hei Batman, wat eet ons?
50c & R50
"Nee wat," antwoord R50, "ek was maar so hier en so daar. Was bietjie casino toe; het 'n trippie Mosambiek toe onderneem; was by 'n paar rugby-wedstryde; was laasweek by die skou in Windhoek; more sal ek waarskynlik Mall toe gaan. Jy weet, daai soort goed. Maar hoe's dinge met jou? Wat maak jy alles?"
50c: "Aag Boeta, jy weet mos. Altyd dieselfde - dis net kerk, kerk, kerk!"
Kettingbrief van Casper de Vries.
Hallo, my naam is Casper de Vries. En ek ly aan die skuldgevoel van om nie 50 biljoen fokken kettingbriewe wat aan my gestuur is, deur mense wat skynbaar glo dat as jy hulle aanstuur, 'n arm meisie in Zoeloeland met 'n tiet op haar voorkop genoeg geld sal kan insamel om vir 'n operasie te gaan en dit te verwyder voor haar rooinek-ouers haar verkoop aan 'n rondreisende sirkus.Glo jy werklikwaar dat Bill Gates vir jou,en almal vir wie jy "sy" e-pos stuur, 'n $1000 gaan stuur? Ag assefokkenblieftog, hoe onnosel is ons?
"Ooh, kyk hier! As ek by hierdie bladsy inkliek en 'n wens maak, sal elke aantreklike oukie in die tydskrif my wil eet!"
Basies is hierdie boodskap 'n groot DRUK DIT IN JOU H*O*L O*P aan al die mense daar buite wat niks beter het om te doen as om vir my stupid fokken e-pos te stuur nie. Miskien sal die bose kettingbrief-duiweltjies my huis binnekom en my sodomiseer in my slaap omdat ek nie die brief aangestuur het wat begin het met die Setlaars van 1820 nie.
Fok hulle man!!!...
As jy iets gaan aanstuur,stuur ten minste darem iets wat ligweg Amusant is.
Ek het al die "stuur hierdie aan tien van jou beste pelle " en hierdie arme gefolterde verskoning van 'n mens sal op 'n manier 'n 5c of iets van een of ander alomteenwoordige moer ONTVANG en DELETE!!!
Ek gee nie 'n fok om nie. Wys my jy het so bietjie intelligensie en dink aan wat jy nou eintlik bydra. Die kans is dis jou eie ongewildheid!! En die punt is? As jy een of ander kettingbrief kry wat jou dreig met sewe jaar sonder seks of sonder geluk vir die res van jou lewe, delete die stront!!! As dit snaaks is, stuur dit aan. Moenie mense afpis deur hulle skuldig te laat voel oor 'n melaatse in Botswana sonder tande wat vir 27 jaar al vasgebind is aan 'n vrek fokken olifant se poephol, en wie se enigste redding die 5c per brief is wat hy sal kry as jy die e-pos NIE aanstuur nie.
Nou stuur hierdie aan almal wat jy ken. Andersins sal jou onderbroek more-oggend karnivories raak en jou balle afkou!!
Die ATKV het besluit om die woordjie "P O E P" te vervang....
Hoe om 20KG in een week te verloor!!!
So baie van ons wil dit doen, en so baie ander van ons MOET dit doen...
Maandag:Ontbyt: Halwe koppie flou tee
Middag: Halwe pruimedantpit
Aand : 1 Mossieboud (oondgebak)
Dinsdag:
Ontbyt: Gekapte krummels van een roosterbrood
Middag: 1 doughnut gaatjie (sonder suiker)
Aand: Lees 'n resep vir gebraaide kalkoen deur
Woensdag:
Ontbyt: 1 duifeier (gekook)
Middag: 6 papawersaadjies
Aand: Bye knieë in asyn gemarineer
Donderdag:
Ontbyt: 10 tamatiepitte
Middag: 1 nawel van 'n lemoen
Aand: 3 aartappel-ogies
Vrydag:
Ontbyt: 2 kreefvoelers (suig net)
Middag: 1 gekookte skoenlapperlewer
Aand: Sopaftreksel van 'n jellievisbeen
Saterdag:
Ontbyt: 4 gekapte piesangpitte
Middag: 1 goudvisvin (liggies gekook)
Aand: Geroosterde miggieboud
Sondag:
Ontbyt: Ingelegde suikerbekkietong
Middag: Prima-rib van 'n paddavis
Aand: Geroosterde springkaanboud
Maandag:
Bel vir AVBOB en tref begrafnisreëlings
n Vrou is NOOIT te vet nie, net soms nie lank genoeg vir haar gewig nie.
En indien dit nie die geval is nie, en jy is oorgewig, gaan kyk gerus hierna en Strip daai VET! dit is waarlik die enigste ding wat werk!!! Ek praat uit ondervinding.
Koos werk by 'n Dokter...
Die volgende dag kom die Dr terug en vra vir Koos hoe dit toe gegaan het met die pasiënte.
Koos sê daar was drie pasiënte wat hy gehelp het en die Dr vra toe hoe hy hulle gehelp het en hy sê :
Die eerste pasiënt het ingekom met 'n lelike hoes en toe gee hy vir hom Benelyn vir die hoes.
Die tweede pasiënt het ingekom met 'n vreeslike allergie en toe gee ek vir hom Allergex.
Die Dr was baie beïndruk en vra wat van die derde een.
Nee, sê Koos daar het 'n dame ingekom, haar kaal uitgetrek en op die ondersoek tafel gaan lê en vir hom
gesê : 'Ek het vier jaar laas 'n man gesien .
''O Hel' sê die Dr ......'En wat doen jy toe, Koos? ''Nee', sê Koos 'Toe gooi ek vir haar Eyegene in haar oë'!!!
Die Boesman en die Spieel
Hy weet nie wat dit is nie. Hy skrik toe hy daarin kyk, want die gesig wat hy sien, lyk nes sy oorlede pa.
Elke keer as hy na sy pa verlang, kyk hy in die spieel en huil verdrietig.
Sy vrou wonder wat aangaan en gryp die spieel. Sy kyk daarin en sien die lelikste vrou wat sy nog ooit gesien het.
Sy slaan haar man oor die kop met die spieel en skree vir hom: "Jou gemors, is dit oor die ou lelike Boesman vrou wat jy elke dag so tjank?"
Die Zebra-merrie
Die zebra is baie opgewonde en hardloop rond soos 'n mal ding.
Sy kyk rond en sien 'n snaakse bruin dier met spene.
"Wat's jy?" vra sy.
"Ek's 'n koei."
"Wat maak jy?"
"Ek maak melk vir die boer."
"Ek sien. Cool."
Sy check so 'n snaakse klein diertjie en skiet uit soontoe.
"Wat's jy?" vra sy weer.
"Ek's 'n hoender."
"Wat maak jy?"
"Ek produseer eiers vir die boer."
"Ek sien."
Net toe sien die zebra hierdie HOT dier wat feitlik net soos sy lyk, behalwe nou vir die strepe. Sy sny 'n lyn soontoe.
"Haai, ek's 'n zebra. Wat's jy?" vra sy.
"Ek's 'n hings," reken hy.
"Wow", sê die zebra. "Wat maak jy?"
"Trek uit daai pajamas, girl, dan wys ek jou!"
Goeie rede om nie by ryk mense te kuier nie
Antwoord: "Tea please"
Vraag: Ceylon tea, herbal tea, bush tea, honey bush tea, ice tea or green tea?"
Antwoord: "Ceylon tea please"
Vraag: "How would you like it? Black or white?"
Antwoord: "White please"
Vraag: "Milk, whitener, or condensed milk?"
Antwoord: "Milk please "
Vraag: "Goat milk, camel milk or cow milk?"
Antwoord: "Cow milk please."
Vraag: "Milk from Freezeland or Afrikaner cow?"
Antwoord: "Umm . I'll rather take it black please."
Vraag: "Would you like it with sweetener, sugar or honey?"
Antwoord: "With sugar please."
Vraag: "Beet sugar or cane sugar?"
Antwoord: "Cane sugar please."
Vraag: "White, brown or yellow sugar?"
Antwoord: "Just forget about the tea. I'll have a glass of water instead please."
Vraag: "Mineral or still water ? "
Antwoord: "Mineral water please."
Vraag: "Flavoured or non-flavoured ?"
Antwoord: "Fok, lossit net ... ek vrek liewer vannie fokken dors!!!"
Twee - Talig ???
My pen is in my hand
Wat is die afrikaanse term vir "ski pants"?
Jy kan sien die lippe beweeg maar jy kan nie hoor wat die d00s se nie!
Jannie stuur vir sy Ma 'n dankie briefie
om net lekker te lag
Baie dankies vir die oulike onderbroekies wat Ma vir my op die plaas uit meelsakkies gemaak het. Die meeste van hulle het groot reaksie by die "Goese" hier by die varsity uitgelok.
Sannie het my onderbroekie heel aand net stip gesit en bekyk, dis nou daai een waar voorop staan "self-raising". Heel aand nie 'n oog verroer nie. Sy het lateraan net gesê "Dit werkie !" Wat nie werkie, weet ek nou noggie.
Maar Magriet het haar nou die aand geniet toe ek die een aangehad het waar voorop staan
" Rol dun uit" . Sy is 'n handvol en was nogal plesierig. Maar, jo .. is sy nogal rats met daai ou klein handjies van haar.
Al bogger-op wat ek nou nog nie kan verstaan nie, is die moerse klap wat Berta my gegee het gisteraand. Sy verstaan seker nie watse moeite dit is om so 'n plaasonderbroek te maak nie. Ek het net 'n uur gekuier en toe ek met my ander onderbroek wou spog, haak sy af en klap my van die bed af. Ma weet mos dis daai een waar in rooi staan "Idiaal vir vetkoeke"
Weet nou nog nie wat haar storie was nie, sal hom maar eers bêre !
Mou, oom Koos van Platanna-laagte se seun se ma het vir hom ook een so 'n plaas-onderbroek gemaak soos ma vir my gemaak het, maar hy sê dis sommer stront want al die koshuis se moffies wil hom net jump. Ek sweer dit het iets te doen met die meel se naam wat sy ma uit 'n fout agterop sy onderbroek se boude gesit het en nie voorop nie. Iets soos "Buk-ou-mou".
Any-way, Ma ,laat dit lekker gaan op die plaas !!
Van jou Jannie
xxxxx
"Ek wil die Voortrekker resepteboek graag vir jou met e-pos stuur, los my 'n e-pos of 'n nota"
so eg Koos
motor nuwe bande te koop...
Koos: "Hallo daar"
Percy: "I'm sorry sir, I can't speak Afrikaans"
Koos: "Ag, no problem mate, I are looking for bands for my kar."
Percy: "Excuse me?"
Koos: "You know, bands... what the kar runs on!"
Percy: "I don't have a clue what you are talking about."
Koos: "Ag jislaaik Frik, wat is die donnerse Engelse woord vir 'tyres'?"
Lank lewe AFRIKAANS
* balls-up = knaterflater
* blind date = moljol / steekproef
* brandy = polisiekoffie
* cubby hole = vroeteldoos
* chaperone = voëlverskrikker
* condom = saadsokkie
* cycle pants = voëlverklikker
* dagga = rondkyktwak
* doggie bag = brakkiepakkie / woefkardoes
* face-lift = hysbakkies
* g-string = gatsnaar / snakstringetjie / stertriem /
tergtoutjie / boudflos
* go-go girl = wikkeldoedie
* groupie = groepgriet
* gynaecologist = roofkyker
* hacker = kraker
* hairdresser = bollaklitser
* hamburger = frikkadelbroodjie
* helmet = pletterpet / valhelm
* hyperlink = hiperskakel
* impotence = stingelstres
* longdrop = dieptroon / doefpoef / plonsput /
plonspardoems
* make-up = jeugdeeg
* maltese poodle = stoepkakkertjie
* massage parlour = streelperseel
* quikie = japtrapkap
* rapper = rymkletser
* sales rep = kommissiekabouter / koopseblief
* sex = klits
* sperm bank = skootwerf
* stapler = draaddrukkertjie / papiervampier
* stew = vleismoles
* stress = gemoedsbekakking
* sugardaddy = vroetelvarkie
* tantrum = vloermoer
* toi-toi = vakbond-vastrap / williewerkie-wals
* toy boy = pompjoggie / katelknaap
GRAPGAT - Afrikaans bly maar die beste taal ooit!!!!!!
~ Ek is nou so lui my hol hang oop!
~ Hy is so maer, hy lyk soos 'n potlood met 'n handbriek.
~ Ek is nou so opgewonde soos ìn budgie op steroids !
~ Ek is so lui soos 'n by - ek wil nie steek nie - ek wil net so aan die koek hang!
~ Ek was gisteraand so dronk, toe ek vanoggend wakker word hang ek oor die stoel en my klere lê in die bed.
~ Ek is nou so lus vir 'n Rennie ek eet sommer 'n pastei.
~ Jy's so skeel jy kyk jouself diep in die oë!
~ Van sit of staan bly lê die lekkerste.
~ Hy ìs so kort hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.
~ Hy ìs so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om.
~ Hy is so maer, as hy langs 'n wit muur loop lyk dit soos n kraak wat beweeg!
~ Hy is so skelm, hy bid onder 'n skuilnaam
~ Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks
~ Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.
~ Hy het 'n lang gesig soos ìn bok wat afdraand vreet.
~ Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie.
~ Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in.
~ Ek is nou so lui ek trou sommer 'n swanger vrou.
~ Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig het.
~ Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak misbruik daarvan.
~ Ek is so de bl*ksem in, ek soen sommer 'n pofadder oopbek
~ My vrou is so lelik, as sy op die sand sit wil die katte haar toekrap...
~ Arende vlieg dalk hoog, maar ons muishonde word nooit deur 'n vliegtuigmotor ingesuig nie.
~ Die mens is op aarde geplaas om 'n sekere hoeveelheid werk te doen. Op die oomblik is ek so ver agter ek sal nooit dood gaan nie.
~ Ons kannie almal helde wees nie, iemand moet langs die pad staan en hande klap.
~ Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand anders dit lankal gedoen het.
~ Jy mag nooit meer as jou yskas weeg nie!
~ As jy vir jouself kan lag dan het jy altyd iets om oor te lag.
~ As jy lyk soos jou paspoort-foto, dan het jy 'n reis nodig.
~ Ek is nou so ontspanne, ek kan 'n krokkodil borsvoed.
~ Ek is so de bliksem in, ek kan my afvee met 'n pofadder.
~ Seks is soos tuinmaak, hoe meer jy skoffel, hoe meer oes jy.
~ Ek haat mense wat honde aanhou. Hulle is 'n klomp sissies wat nie genoeg guts het om iemand self te byt nie.
~ Haar mini-rokkie is so kort, dit maak net die wolmerk toe.
~ Moenie die krag onderskat van dom mense in groot getalle nie...
~ As jy te oopkop is kan jou brein uitval.
~ Mens moet opstaan vir jou regte, maar nie in die middel van die pad nie.
~ Die lewe was baie eenvoudiger toe my klere nie bymekaar gepas het nie en meisies gaga was.
Die Spinnekop - deur Nataniël - brilliant!
Dit is skreeusnaaks....net soos Nataniel kan .
Ja, gisteraand lê ek rustig en lees, minding my own business.....bedlampie brand baie "domesticated" en sag met die komplimente van Cash Crusaders, toe ek so 'n sagte geskarrel in die kamer hoor. Ek dog eers dis die mot wat wil selfmoord pleeg teen die bedlamp se bulbpie...
Kyk... nee, mot se kind sit so stil soos 'n pedigree foksterrier wat razor blades skuit. Toe's die skuifel geluid weer daar en ek skrik alles regop wat plat was...en pap wat op was!
'n Onaardse gedrog van 'n spinnekop met W.P. rugbykouse, en wat as weltergewig kan inweeg, toer teen 8 000 refs oor die vloer en spring sommer so met die laai se handles teen die bedkassie op! Op slag kak ek my beste linne in 'n herfs kleurskakering in. Lyk of iemand my bed kapoenkleur, so tussen kak en pampoen gespray paint het.
Ek moer alles, boek, bedlamp, asbak, glas, die toetie tot op die laagste vlak van die kamer, die vloer.
Ek skrik my enigste aambei wat ek het dat hy op my kuite hang! Nou's die moerse spaaider nog tussen my en die kombuis, waar ek, omdat hulle my so mollesteer, deur die jare, 'n arsenaal van Doom vergader het.
Nou weet ek, nou sal ek flat out moet hol vir daai Doom.
Ek pluk my enigste halfnat Jockey aan sodat die aambei my nie pootjie nie.
Toe trek ek weg kombuis toe dat die briekmerke soos 'n straatkaart in my Jockey vergader... en ek 10 sekondes by die kombuisdeur moet back paddle om nie twee agterdeure te hê nie.
Lord of the Dance se gat my bra!
Terug..... Daar sit die bliksem nog! Sommer so met die briektrek spuit ek al.... gelukkig net Doom! ...Osoonlaag en al daai goeters, se moer!
Spuit hom leeg!
Duik my harige vyand soos Ryk Neethling agter die bedkassie in. Moer toe moet hy wees na daai dubbel Doom en strontreuk wat nou dikker as toffie in die kamer hang.
Ek trek die kas bietjie vorentoe, skiem nog so ek het gewen, toe skielik hol daai 4 wheel drive monster van 'n aardsgedrog teen die muur uit, reg voor my oë verby, tot kophoogte.
Agt oë soos Beetle wheelcaps kyk my vierkantig in my twee ogies.
Nou's dit nag. Ek verlaat myself, my water breek, my knieë swik, my longe loop leeg, my lippe parteer van mekaar.
Ek beskuie my weer sonder enema. 'n Kreet verlaat my binneste, ontsnap oor my trillende lippe.
Dis toe dié klanke wat Black Sabbath en Uriah Heep na die Drakensbergse seunskoor laat klink.
Dit was maar ook Spiderman se laaste asem, want net daarna los hy als en kom skeef skeef grond toe, soos fisant stront in vlug.
Al retererende het ek en Doom die veldslag gewen!
Die Spietkop
Toe noem ek hom 'n pampoenkop met die genade van 'n asvoël. Hy ignoreer my soos ek 'n stopstraat ignoreer en begin 'n tweede kaartjie skryf vir die bande waarvan die ryvlak nie meer so lekker is nie. Toe noem ek hom 'n idioot wat op die strate rondlê met niks beter om te doen nie - en boonop daarvoor betaal word.
Hy staar koud na my en begin 'n derde kaartjie skryf. Vir die krakie in die voorruit. Dit het vir minstens twintig minute aangegaan. Hoe meer ek skel, hoe meer kaartjies skryf hy. "Vetgat! Boepens!" en vele meer het sy nek en gesig na 'n diep skakering van pers laat verander terwyl sy bloeddruk die hoogte ingeskiet het en hy net meer kaartjies geskryf het.
Eindelik het my bus opgedaag en toe klim ek op. Ek probeer om elke dag 'n bietjie pret te hê. Dit is belangrik!

Dis hoe dit lyk as jy jou gat afskrik...
Twee soentjies
" Sal meneer omgee as meneer in die oggend inkom, my net so 'n soentjie of 2 agter die oor te gee?"
Baas : (half stomgeslaan) " Nou waarom sal ek dit doen? "
Sekretaresse:
" Ag meneer, ek hou van so bietjie "foreplay" voor ek rondgef&k word" ...
Kaapse humor - Dis goed!!!
Hy't sy huis verloor, sy werk verloor en sy vrou het die kinders gevat en hom geskei.
Hy sien 'n kas met wynbottels en loop soontoe.
Hy vat 'n lee bottel, smyt dit teen die muur en skel: 'Djy issie reason lat ekkie 'n vrou hettie!'
Hy vat 'n tweede bottel: 'Djy issie reason lat ekkie kinners hettie!'
Derde bottel: 'Djy issie reason lat ekkie 'n job hettie!'
Vierde bottel: 'Djy issie reason lat ekkie 'n huis hettie!'
Hy vat die vyfde bottel en sien dis nog nie oopgemaak nie - vol wyn.
Hy sit die bottel saggies neer en sê: 'Staan djy eers eenkant toe, my broe. Ek sien djy wassie involved nie'
'n Man wil 'n bra koop vir sy vrou...
Die man antwoord: :O, ja, en sy kort nuwe panties ook."
Ouma gaan drankwinkel toe om brandy vi rhaar vrugtekoek te koop...
Jongman: "Tannie is cool!"
Ouma: "Ek drink dit nie, ek gooi dit oor my koek"
Jongman: "Hell, Tannie is flippen cool!!!"
Wat is die verskil...
Die koei se stert maak die hele poepol toe!
'n Paar uit die klaskamer...
Marie: "Eiers."
"Klas, wat gee boerbokke?"
Sannie: "Bokmelk."
"Klas, wat gee 'n koei ons?"
Jannie: "Wiskunde en fo&%en huiswerk."
****************************************************************************************************************
Juffrou vra: "Wie kan 'n sin maak met halstarrig?"
Klein Sipho: "As iemand hy poep by die taxi en die window maak die fog, ons halstarrig asem."
**************************************************************************************************************
Juffrou vra of iemand kan verduidelik wat 'n "bachelor" is.
Kosie: "Juffrou, dis 'n man wat Saterdagaand dorp toe gaan, saad plant en dan Sondag bid vir 'n misoes."
Die ou boere
Een idée is om die mannetjie jakkalse te vang en striliseer, en so die getalle te begin beheer sonder om die spesie uit te wis .
Sit een Omie baie aandagtig en luister en op uitnodiging om vrae te stel, vra hy sy beurt en sê:
"Juffrou, jy verstaan nie mooi die probleem nie. Die fo&%en jakkalse STEEK nie ons skape nie, hulle EET hulle."
Die gevolge van besluite
Jannie se ma loer deur die venster.Jannie en sy kat is besig om Kerk Kerk te speel.
Hy sit daar stil en preek vir die kat.
Glimlaggend draai sy om en gaan aan met haar werk.
Die volgende wat sy hoor is 'n vreeslike ge-remoer, dit muaaw en blaas - dit is 'n vreeslike gedoente!!
Sy hardloop terug en sien Jannie is besig om die Kat te DOOP in 'n bad water
"STOP DIT!" SKREE SY VIR JANNIE "die kat is bang vir die water"
Rustig kyk Jannie op en antwoord sy ma:
"Hy moes daaraan gedink het voordat hy by my Kerk aangesluit het!"
Afrikaans is snaaks - in die Kerk ook
'n Paar blapse uit kerke se afkondigingslyste:
* Die blomme in die kerk sal geskenk word aan diegene wat siek is na die erediens.
* Volgende week word die kerkraadsvergadering Woensdag om sewe-uur gehou, en die predikant van Sondag is in die konsistorie opgeplak.
* Basaarafkondiging: Almal welkom! Kom gerus as jy niks aanhet nie en kom deel in die pret.
* Ons gemeente gaan vanaand lekker melkskommels in die kerksaal drink, sal alle vroue wat melk skenk asseblief reeds om 18h00 daar wees.
* Ten tye van die predikant se siekte : Die Here is goed, ons predikant is beter.
* Ons het vanaand 'n byeenkoms in beide die oostelike vleuel en die westelike vleuel van ons kerkgebou. Babas sal beide kante gedoop word.
* Alle vrouelidmate kom Woensdag die elfde in die biblioteeksaal bymekaar vir 'n praatjie oor die hemel. Hoe jy daar kan kom?
Vervoer is beskikbaar om 19h00 vanaf die bushalte oorkant die hotel.
* Eerskomende Sondag sal daar 'n spesiale kooruitvoering wees, waarna die
kerk gesluit sal wees vir herstelwerk.
* 'n Nuwe luidsprekersisteem is in die kerk geinstalleer.
Dit is 'n geskenk deur een van ons gemeentelede ter herinnering aan sy vrou...
* Weight Watchers het weer vanaand hulle byeenkoms in die saal.
Gebruik asseblief die dubbeldeure van die syingang.
* November die negentiende om tienuur. Oggenddiens :
Ds. Bruwer ? Die wereld se grootste probleem ...
_________________________________________________________
Jannie se Ouma kuier oppie plaas en Jannie hardloop by die plaashuis in waar sy ma en ouma besig is om middag ete voor te berei. "Ma, Ma, die bul spyker 'n koei!"
Ouma skrik haar boeglam en kry omtrent 'n hartaanval. Jannie se ma gryp hom aan die oor en trek hom buitentoe en sê "Luister nou mooi Jannie, jy kannie rondloop en sulke lelike woorde gebruik nie, gebruik iets anders soos... sê eerder die bul verras die koei"
'n Paar minute later hardloop Jannie weer in die kombuis in; "Ma, Ma, die bul verras nou al die koeie!" "Onmoontlik Jannie" sê sy ma, "Die bul kannie al die koeie verras nie".
"Ja hy kan!!" sê Jannie, "Hy spyker nou die perd!!!"
_________________________________________________________
A.g.v. load shedding en vroeg gaan slaap gaan ons
oor 9 maande babas kry met name soos
Kers Grobler, Darkness Mapogo,
Soeksteek Vermeulen,
Eskom Kleinbooi, Vroegslaap Jordaan,
Blackout Dube, Battery Botha,
Generator van Zyl, Spyker vd Merwe ................
_________________________________________________________
One day Lettie wanted to bake a cake, but she ran out of eggs. So she went to her usual grocery store in the Dorp where she lived.
As she walked in, the owner, Piet was there and she asked him for a dozen eggs.
She went back home and baked the cake. To her surprise the eggs were rotten (vrot ) , so she went back to the store and this time Piet wasn't there, but his wife Annette was there.
Lettie approached Annette and said" Weet jy, jou man het vrot eiers?"
Annette obviously shocked and upset said: "Hoe weet jy my man het vrot eiers?"
Lettie replied, " Kom ruik my koek."
_________________________________________________________
Jan , 'n gelowige man, gaan jag.
In die bos storm 'n leeu hom.
Hy bid vinnig en desperaat....
"Here, laat dit 'n christelike leeu wees"
is al wat hy uitkry (en 'n paar senuweepoepies).
Die leeu stop by Jan, sit sy poot op Jan se kop en sê:
"Seën Heer die voedsel wat vir my voorgesit is en maak my opreg dankbaar daarvoor.
AMEN
_________________________________________________________
Gatiep vertel vir die dominee...
Jy wiet, ek en die oubaas daar bo is tight. Hy wiet ek kannie in die
aand sien nie, so as ek in die aand opstaan en ek gaan toilet toe, daai
gaan die lig sommer vanself aan, as ek wegstap, dan gaan hy sommer
vanself weer af ook. Die dominee kan dit skaars glo en vra later vir
Meraai of sy enige iets van die wonderwerke weet.
Meraai: Watter wonderwerke?
Dominee: Nee sien, Gatiep vertel my dat die lig sommer vanself aangaan
as hy toilet toe gaan en as hy uitkom gaan dit sommer weer vanself af.
Meraai: Ai jirre, hy het weer in die yskas gepis!!!
Gatiep en Meraai
Sy gooi hom van die 4de verdieping af en skree: "Jou flippen insek, as jy kan steek, kan jy vlieg ook!"
Gelykop verdeling
'n Papdronk man oppad terug van die kroeg loop naas die begrafplaas verby en hoor toe die volgende: Een vir my en een vir jou, Een vir my en een vir jou.
Hy skrik homself sommer dadelik nugter en hardloop so vinnig soos wat sy voete hom kan dra na die naaste priester.
"Pastoor, kom saam met my om te getuig hoe God en Satan lyke uitdeel in die begrafplaas."
Hulle altwee hardloop na die begrafplaas en die stemme gaan voort. Een vir my en een vir jou, een vir my en een vir jou!
Skielik sê die een stem: "Nou wat van die twee by die hek?"
Die Pastoor was die een wat die vinnigste daar weg is!!!...
TOYOTA
Oom: "Toyotas het baie goeie masjiene. Hul ratkaste gee nie in nie. Die Land Cruiser se vere kan jy maar laat werk. En selfs in die winter sukkel 'n mens nie om die Toyotas te start nie."
Waarop die kêrel vinnig antwoord: "Oom se dogter is seker ook 'n Toyota . Ek het haar net so 'n ligte stootjie gegee, toe vat sy!"
Op 7de Laan se stel:
Maria: Ouma wat is die deng by die bed?
Hilda: Ag Maria, dis sommer deel van my en Oubaas se liefdesspel .
Maria: Ooooo, Ouma praat van s*ks. Ek ken s*ks, maar eish, ek't hom
nog nooit gedoen tot die vel afval nie.
oeps
Die Assistent: "Mevrou, as jy gepoep het toe jy aan die mat gevoel het, gaan jy in jou broek k&k as jy die prys hoor."
Braaivleis is die beste met Afrikaans daarby
Verras... :-)
"Ma, Ma, die bul spyker die koei!!"
Ouma skrik haar boeglam en kry omtrent 'n hartaanval.
Jannie se Ma gryp hom aan die oor en trek hom buitentoe en sê: "Luister nou mooi Jannie, jy kannie rondloop en sulke lelike woorde gebruik nie, gebruik iets anders, soos... sê eerder----- die bul verras die koei."
'n Paar minute hardloop Jannie weer die kombuis in. "Ma, MA, die bul verras nou al die koeie!"
"Onmoontlik Jannie" sê sy Ma, "die bul kannie al die koeie verras nie."
"Ja, hy kan Ma, want hy spyker nou die perd!"
Hasies
Onderwyser: As ek vir jou twee hasies gee, en nog twee hasies en nog twee, hoeveel sal jy he?Jannie: Sewe, meneer.
Onderwyser: Nee, luister mooi. As ek vir jou twee hasies gee, en nog twee en nog twee, hoeveel hasies sal jy hê?
Jannie: Sewe.
Onderwyser: Kom ek stel dit anders. As ek vir jou twee appels gee, en nog twee en nog twee, hoeveel appels sal jy hê?
Jannie: Ses.
Onderwyser: Mooi so. Nou as ek vir jou twee hasies gee en nog twee en nog twee, hoeveel hasies sal jy hê?
Jannie: Sewe!
Onderwyser: Hoe de hel kom jy by sewe uit?
Jannie: Ek het al 'n hasie by die huis.
eg afrikaans...
Alweer Jannie
"Ek brand die miere, oom."
Die priester dink dat dit bietjie gevaarlik is vir die laaitie om met sulke tipe van suur te speel en probeer dink aan 'n manier om Jannie te laat vaar van sy planne.
"I have a bottle of holy water here that you could put on the ants instead. I once put a drop of this on a woman's belly and she passed a child."
"Daai's fokkol nie, my oom. Ek het eenkeer 'n druppel van hierie goed op 'n hond se ballas gesit....and he passed a Kawasakie!"
'n Taalhandhawer en sy nors vrou hou by die vulstasie stil.
Na 'n rukkie kom die pompjoggie na hom en sê: "Oubaas, ek het gefill-up en die olie gecheck, maar ek dink ons moet die oumiesies net so laat staan."

Hallo daar, baie welkom en kom vertel ons wat jy dink, of miskien wil jy ook 'n grappie met ons deel hier in my gasteboek
Gasteboek
-
Reply
- CindyJaneStone CindyJaneStone Apr 1, 2009 @ 12:50 am | in reply to CatharinaE
- ag baie dankie Catharina, dit is nice om nog iemand wat Afrikaans praat hier te kry. Waarvandaan is jy?
-
Reply
- CatharinaE CatharinaE Mar 31, 2009 @ 12:00 pm
- Lekker om Afrikaans hier te sien op Squidoo. Besoek my lense ook as jy 'n tydjie het!
-
Reply
- Maretha Maretha Nov 25, 2008 @ 6:48 am
- Dis absoluut oulik!!!
kry vir jou...
Die aand soek hy 'n knippie.
Sy vra: "Moet ek die moerse stroper start vir so 'n klein mielietjie?"
Kom ons gesels in Afrikaans
Fetching RSS feed... please stand bySoos net Afrikaners kan...
Fetching RSS feed... please stand by











